top of page

As ek kon skryf


As ek kon skryf

sou ek skryf oor die twyfel

die deurmekaar

die hartseer in my .

Ek sou skryf oor geluk

die mooi van branders

die blydskap in reën en liefde

en liefhê .

Ek sou baie beeldspraak gebruik

en jy sou verstaan

wat ek bedoel

wat ek voel .

Dalk sou jy

iets van my begryp

as ek kon skryf.

bottom of page