'n Teorie oor liefde
Om hierdie artikel die beste te kan verstaan moet jy "How I met your Mother" Season 5, Episode 13 kyk. Die gedeelte waaroor hierdie artikel gaan, gebeur op 7:42.
Die teorie oor verhoudings wat in die komedie reeks "How I Met Your Mother" genoem word het lank by my gebly na ek die episode gekyk het. Die idee is dat elke verhouding uit twee tipes mense bestaan, die reacher en die settler. Die reacher reik na iemand uit/bo hul liga, en die setteler "settle" vir iemand onder hul liga. Die liga waarin jy is word bepaal deur dinge soos voorkoms, intelligensie, opvoeding, agtergrond, rykdom, ens. Daar is, in teorie, dinge wat een "beter" as die ander maak. Die karakters Ted en Robin sê dat daar altyd ’n slimmer, ryker, mooier een in die verhouding is, wat moontlik beter kon doen as die een wat hul gekies het. Die dommer, armer of leliker een van die twee moet hulself dan as gelukkig beskou dat hulle ’n verhouding het met iemand bo hul liga.
In my oë is so ’n verhouding ongesond. ’n Reacher-settler verhouding sal nooit werk nie, omdat die settler altyd sal glo die reacher skuld hom/haar iets. Die reacher sal altyd minderwaardig voel en moet werk om die setteler se goedkeuring te kry. Dit is nie ‘n gelyke en regverdige verhouding nie. Dit is dan net ’n eensydige kompetisie tussen die reacher en enigiemand anders in die settler se liga. Die setteler sal die reacher as ’n verlenging van hulself beskou, iemand wat ’n plek in hulle lewe opneem totdat daar iemand beter oor hul pad kom.
My teorie is – beide die partye in die verhouding moet dink hulle is die reacher. Albei moet glo die ander kan beter doen, en albei moet bang wees om die ander te verloor. As albei aanhoudend mekaar probeer beïndruk en behou, sal nie een van die twee verveeld raak nie. Albei sal ewe veel moeite en liefde in die verhouding insit, en dit sal die verhouding laat werk.
Dalk oversimplify ek dit 'n bietjie, want soos ons almal weet is verhoudings nie maklik nie. Dit is sonder twyfel iets waaraan mens lang jare bou. Maar ek glo dat die beginpunt een van die belangrikste dinge is. Kry dit van die staanspoor af reg, en jy het 'n goeie kans om sukses!
As jy die episode aanlyn wil gaan kyk, hier is 'n link: http://www.watchfree.to/tv-1803-How-I-Met-Your-Mother-tv-show-online-free-putlocker.html/season-5-episode-13
van Ané