top of page

Moenie ‘moeg’ mode maak nie.


‘When I wake up, I need a nap’

‘I’m the sleepiest girl you’ll ever meet’

‘I’m so tired, my tired is tired’

Hoewel dié memes op Facebook catchy is, en dit ons soms aan onsself herinner, dink ek dit getuig van ongesonde standaarde. Ja, ons almal doen dit. Ons vertel mekaar van hoe laat ons die vorige nag in die bed gekom het, ons kla oor te veel werk, en probeer mekaar beïndruk met stories van ons 16 koppies koffie en die slapelose nagte wat ons kort-kort deurmaak.

Wat ek wil weet is: Van wanneer af is Koffie (alhoewel dit 'n heerlike noodsaaklikheid is) ’n voedselgroep? Van wanneer af is uitgeput die nuwe chic? Van wanneer af is ‘running on fumes’ prysenswaardig? Hoekom is slapelose nagte, break-downs en paniekaanvalle glamerous? Is dit die dinge waarna ons streef?

Almal werk soms hard, en almal voel soms overwhelmed, maar hoekom word MOEG deel van ons identiteit? Ek dink die lyn tussen pligsgetrouheid en ooreising moet duidelik wees. Ek dink die vermoë om te weet wanneer jou liggaam, verstand en gees genoeg gehad het, is uiters belangrik. Om heeltyd, heeltemal uitgebrand te wees is NIE ’n goeie ding nie. Ek ek dink ons is geneig om ooreising te romantiseer.

Wat het geword van balans, selfversorging, onsself oppas? Ek dink dit is die dinge wat ons behoort te bewonder – nie slapeloosheid nie. Ek dink ons moet eerder brag oor hoeveel energie ons het, oor hoe ons uitsien na nuwe uitdagings, hoe lekker ons geslaap het en hoe bly ons is dat ons LEWE! Want nie net positiwiteit nie, maar eieliefde, en versorging van die self is belangrik. Liefde vir jouself en jou liggaam vorm jou na ’n beter weergawe van jouself. Ek dink om jouself op te pas, lief te hê, te versorg – dit is iets waarna ons moet streef.

Ek dink dit is belangrik om nie jou identiteit rondom werk en stres te bou nie, maar om geluk en vreugde. Wees trots op jou prestasies en jou identiteit, nie op jou break-downs nie. Moenie toelaat dat stres jou hele lewe oorvat nie. Leef jou lewe!

Daar is niks fout met moeg wees nie – maak net seker dit vat jou nie oor nie.

See what I mean?

Daar is natuurlik verskeie redes hoekom mense ʼn punt van uitbranding bereik. Te veel en te harde werk, geestessiektes en onvermoë om stres te hanteer is wel faktore wat tot oorlading kan bydra, en dit is definitief nie iets wat altyd vermy of help kan word nie. Die doel van hierdie artikel is nie om enigiemand met hierdie toestande skaam of uitgesluit te laat voel nie. Die doel hiervan is om uit te wys hoe ons onsself kan verbeter, eerder as om toe te laat dat dit ons definieer.


bottom of page