top of page

Sonstrepie

Op my skyn 'n strepie son

'n soete strepie son

maak oop jou oë en sien

daar skyn 'n strepie son

.

ek lê in 'n sonstrepie

net hy en ek alleen

kry hulle ook ’n stukkie son

of skyn dit net vir een?

.

skuif jy weg, O sonnestreep

my strepie, strepie son

sal jy bly, O sonnestreep

saggies aan my streel?

.

dié strepie son is myne

my sterkste strepie son

soet en skraal en sag en skoon

soggens in die son

.

ek lê in geel

ek lê en wag

en sien hoe skyn die dag

.


bottom of page