top of page

vloek

ek wil vloek

oor ek jou wil hê

vloek en skree want vir jou

wil ek gil

hard skree saam met jou stem

wil jou in my ore hê

ek wil ingryp

jou gryp en vasvang

ek wil jou die wêreld wys

glo my, ek kan

nie sy nie

sy sit net, stil

nie ek nie. ek vloek

en gryp jou vas vir altyd en altyd

hard en met harde hande

harde, arm liefde


bottom of page