top of page

Draf in die Kaap

Ek het 'n rot gesien Toe ek in die Kaap gedraf het Soos mens maar maak As mens in die Kaap is. Ek het gestop en langs die strand gestrek. Soos mens maar maak As jy wil lyk of jy fiks is En ek het skaambang oor die pad galop Soos mens maar weghol van die oë van motoriste Ek het draaie gehardloop om bedelaars Soos mens maar maak In tweeduisend en sewentien op pad terug het ek 'n rot gesien (hom goddank nie geruik nie) 


bottom of page