top of page

Voete

Vanaand is my voete koud

En ek weet

As ek dit vir jou sou sê jy sou sê

Jy verlang

Ek is stil as ek eintlik moet sê

Nie ek nie.

Jy bel my elke aand en gesels, uitasem

Jy sluk so nou en dan

Soos daai aand toe ek uitasem

my voete onder joune gedruk het

selfsugtig, vir hitte.

Dankie vir die blomme, sê ek

Dis ’n moerse geskenk.

Nou probeer ek net

Keer dat die goggas daar intrek

En squash sommer een vrek

As jy sê jy’s jammer vir my koue voete

Moet ek eintlik sê

Nie ek nie.


bottom of page