top of page

Droom

Een aand het ek van hom gedroom Dit was toe ons 'n woonstel deel

Ek het die groot balkon gehad En hyt sy kar buite gepark

Toe ek hom sê van die droom Vra hy hoe ons twee saam kon bly En elk ons eie kamers kon hê

Na baie oorweging het ek besluit Ons sou natuurlik saam bly Want eks mal oor hoe hy ruik

En na my kyk en hy love my ma se beskuit en haar bollenaise Ek verstout my en sê hy love my


bottom of page