Trou
Op die stoep sit ek Met tralies om my, grys Fok, ekt lanklaas geskryf Nou geinspireer deur slegte Terrible aaklige afgryslike sleg wyn En dis koud om my Ek weet nie wat kom nie Wat lê vir my voor nie Weet net voor my Lê 'n lewe vol nuut In gisteraand se droom Het ek gesien ek gaan trou In die mooiste rok wat bestaan Ek het getrou saam met almal Wat deesdae hulle ringe dra Op insta Dalk sal die wyn beter wees As ek eendag trou Dan sal ek eendag saam met jou Wyn drink waarvan ek actually hou